Hoe skep ek blad op die Web?

Daar is verskeie tutoriale op die Internet oor hoe om dit te doen, maar ek kan hier vir jou van die heel basiese agtergrond gee.

Een van die vrae wat gevra word is: "Wat is HTML?"

Jy sou moontlik al gelees het dat dit staan vir "HyperText Markup Language". Wat tien teen een nie dinge noodwendig duideliker maak nie. In leke terme kan 'n mens sê dat "HTML" kodes (die "Markup Language" gedeelte) is wat vir jou webleser (webbrowser) sê hoe om die webblad op die skerm te vertoon. Hieronder is 'n baie eenvoudige blad se HTML kode:

<html>
<head>
<title>My Tuisblad</title>
</head>
<body>
<h1>My Tuisblad</h1>
<p>Hierdie is my eerste tuisblad</p>
</body>
</html>

Stoor die lêer as indeks.html.

Maar eers 'n kort verduideliking. Die <html> sê dat dit 'n webbladsy is. Die gedeelte tussen die <title> en </title> gedeeltes is wat in die webleser in die titelstrook verskyn. En die gedeelte tussen <body> en </body> beskryf hoe die webblad self moet vertoon. Die <h1> en </h1> dui aan 'n opskrif (E. heading) en die <p> en </p> 'n paragraaf.

Hiermee eindig die begin...