Saamgestel deur die Boesmansrivier-Toerismevereniging
Die situasie
Piet Retief het gaan verkenning doen, maar hy en sy groep is in die Zoeloe-koning,
Dingaan, se kamp vermoor. Wagtend op die terugkeer van hulle leier, Retief, het die
hele groep Voortrekker die Drakensberge oorgesteek na Natal toe. Hulle was sowat
1000 waens sterk.
Baie het langs die Kliprivier kamp opgeslaan; ander was op die westelike bank van die Tugelarivier tot sover as die samevloeiing van die Blaauwkrantz- en Boesmansriviere; ander was versprei naby die Mooirivier en die bolope van die Boesmansrivier. Hierdie Voortrekkerkampe was in klein groepies versprei oor 'n gebied van sowat 45 myl by 25 myl (omtrent 76 km by 42 km).
Hierdie verspreiding was slegte nuus in 'n gebied waar saamstaan die beste vorm van verdediging was.
Bedreiging
Na die moord op Retief het Dingaan opdrag gegee dat sy
impis (soldate) onmiddellik moet vertrek om alle Voortrekkers in Natal om die
lewe te bring. Drie Zoeloe-regimente is gekies vir hierdie grusame taak.
Hulle het bestaan uit 10 000 soldate, tot die tande toe gewapen. Gelukkig
was die Tugelarivier in vloed en het die res van Natal beskerm teen 'n volskaalse
Zoeloe-inval.
Die soldate het baie vinnig oor die terrein beweeg, maar geen geluid gemaak nie en hulself goed versteek. Die Trekkers het geen idee gehad dat daar 'n aanval op hulle beplan word nie, want hulle het geglo dat Dingaan hulle goedgesind was.
Die Zoeloemag het met streng militêre presisie opgetree, goed gedissiplineer en onder goeie leiers. Hulle aanvalsplan was om uit die Ooste te kom al langs die verskillende laers af. Die beginpunt sou Rensburgspruit wees, en hulle sou opwerk tot by Colenso.
Eerste aanvalle
In die vroeë oggendure van 17 Februarie, 1838, het die Zoeloes aangeval.
Die laers is totaal onverhoeds betrap. Die eerste aanvalle was by die
gesin Liebenbergs by Moordspruit. Daarna het Wynand Bezuidenhout se groep
gevolg, en terselfdertyd is die Rossouws aangeval.
Al langs Moordspruit en die Boesmansrivier is hele gesinne uitgewis.
Die groepe wat geen waarskuwing gehad het van die Zoeloe-aanval nie, was dié langs die Moordspruit en Bloukransrivier.
Therese Viglione, vrou van 'n Italiaanse handelaar, het haar perd opgesaal en so vinnig as moontlik gery om die ander laers van die aanvalle te sê.
Een van die slagoffers van Bloukrans was George Biggar, seun van 'n 1820-Britse Setlaar. Hy is gebore aan boord die skip Weymouth, op pad na Suid-Afrika.
Dick King, legendariese held, is te voet weg om die Voortrekkers naby Weenen te waarsku dat Retief vermoor is, maar hy was te laat. Hy kon egter hulp verleen en help om die Maritz-laer te verdedig.
Na die onlangse reens was die meeste riviere in vloed. By Doornkop het Piet Retief se volgelinge steeds angstig gewag op hulle leier se terugkeer, steeds onbewus dat hy en sy groep in 'n lokval gelei is. Hierdie laer het uit omtrent 78 waens bestaan.
Sarel Celliers was by 'n kleiner laer by Boesmansrivier; Maritz se laer was omtrent 4 myl (7 km) suid van die Boesmansrivier, net voor die samevloeiing met die Tugela, waar dit by twee kleiner stroompies aansluit.
Bekende vanne en waar hulle laers was
Tussen hierdie riviere, onder bome en teen 'n lang helling,
was verskeie familiegroepe: De Beer, Liebenberg,
Bezuidenhout, Botha, Bresler, en Smit. By die hoofspruit was
die families van Rossouw, Engelbrecht, Greyling, Roberts, Jacobus Hatting,
Van Der Merwe, Prinsloo, Bothma, Klopper, en Steenkamp. Sowat 20 myl (34 km)
laer af by Rensburgspruit, was the laers van die Van Rensburg-group.
Naby Willow Grange was die groepe van Malan, Swart, en Breed.
Naby die huidige Chieveley was Van Dyk, Scheepers, Roets, Van Vuuren,
Geyer, en Prinsloo.
If you want to read the English pages, click on home below.
Die Skrywer van hierdie bladsy is 'n trotse lid van die HTML Writers Guild. |