RooibosTM is die eerste maal geoes van plante wat in die berge rondom Clanwilliam, naby Kaapstad in Suid-Afrika. Die stammetjies en blare van die pnate is met hamers gekneus, en daarna in die son gelaat om te gis. Die drankie wat daarna gemaak is, is in 1722 vir die eerste maal vermeld deur Carl Humberg, 'n botanis.
Die Rooibos-plant is een van weinige wat suksesvol kon oorskakel van plaaslike wilde groeisel tot 'n verboude oes. 'n Unieke drankie met 'n kenmerkende soet geur word daarvan gemaak. Onlangse studies het bewys dat RooibosteeTM sekere anti-oksiderende eienskappe bevat (SOD), sowel as dermatologies voordele.
Die plant, verbouing en produksie
Teen allergieë
Annique het intensief begin navraag doen oor haar gevolgtrekkings, maar kon geen dokumentasie opgespoor wat haar kon steun in haar nuutgevonde geloof dat Rooibostee
TM genesende eienskappe het nie. Met behulp van 'n joernalis-kennis het Annique agtien ander ma's opgespoor wie se babas aan verskillende kosallergieë gely het. Hierdie agttien babas het die kern gevorm van haar studie om haar bevindings te bewys.
Al hierdie babas het positief gereageer toe Rooibostee
TM as deel van hulle dieët ingesluit is; sommige binne net 'n paar dae. Annique se bevindings is in die plaaslike Sondagkoerant gepubliseer, en daarna is sy oorval deur navrae van mense met probleembabas.
Sedert daardie geskiedkundige ontdekking en die amptelike dokumentering van Annique se bevindings, het duisende allergiese babas, kinders en volwassenes gebaat by die helende eienskappe van RooibosteeTM. In 1970 publiseer Annique haar bevindings in 'n boek genaamd Allergies: An Amazing Discovery.
In 1975 stuur Annique haar Annique RooibosTM
Velsorgprodukte van stapel. Die produksielyn bestaan uit 'n volledige velsorgprogram. Die produkte is uniek geformuleer om op elke spesifieke velsoort te reageer en langdurige gebruik daarvan sal 'n gesonde, gloeiende vel tot gevolg hê.
Uit hierdie bladsy (vertaling: Marlene)
Daar is verskeie maniere om RooibosTM
voor te berei. Hier volg 'n paar voorstelle.
Warm tee:
Drie koppies kookwater vir elke sakkie Rooibos
TM. Giet kookwater oor sakkies, verkieslik in 'n teepot, en laat staan 'n paar minute om te trek. RooibosteeTM het van nature 'n soet smaak, en word dikwels gedrink sonder om suiker, melk, heuning of suurlemoen by te voeg. Dit is 'n heerlike tee vir die namiddag.
Ystee:
Berei 'n sterk konsentraat van RooibosTM: Kook 1,5 liter water saam met ten minste tien teesakkies. Laat prut vir 30 minute, totdat die tee baie sterk is. Dit sal 'n donker kleur hê, amper soos mahonie-hout. Laat afkoel en hou in die yskas. Bedien met baie ys, 'n skeutjie suurlemoen of 'n takkie vars ment.
Suid-Afrikaanse pons:
Maak 750 ml sterk RooibosteeTM aan. Terwyl dit nog warm is, voeg 160g (130 ml) suiker by en roer tot opgelos. Laat afkoel. Voeg 'n liter lemoensap, 'n liter appelsap, drie koppies (750 ml) fonteinwater en 'n liter gemmerlim by. Garneer met kersies, ment, appel- en suurlemoenskyfies.
RooibosTM con Sangría Señoriál:
Voeg een deel RooibosTM-konsentraat by twee dele
Sangría Señorial. Voeg 'n skeutjie lemmetjiesap by.
Sangría Señorial is 'n nie-alkoholiese drankie wat na wyn smaak. Wanneer dit met die kalmerende eienskappe van RooibosteeTM vermeng word, kry jy een van die min plesiertjies in die lewe wat goed is vir jou.
As RooibosteeTM in die yskas gehou word, het dit 'n baie lang raklewe. Probeer dit met vrugtesap meng - dit is 'n heerlike, verfrissende drankie.
Ons verwelkom enige nuwe resepte wat iemand mag "ontdek". Stuur gerus 'n briefie deur middel van
e-pos.
Van hierdie bladsy
Van hierdie bladsy
If you want to read the English pages, click on home below.
In April 1968 het Annique Theron, wat toe al 14 maande lank met haar erg allergiese baba gesukkel het, onbepland 'n bietjie Rooibostee
TM by haar baba se bottel gevoeg om die melk te help warm maak. Die baba het erg koliek gehad en voortdurend gehuil. Vir die eerste maal in 14 maande het die dogtertjie vir meer as drie ure rustig geslaap, en haar naarheid en braking het opgehou. Annique het besef dat die RooibosteeTM haar baba verligting gegee het.
Ons verwelkom enige nuwe resepte wat iemand mag "ontdek". Stuur gerus 'n briefie deur middel van
e-pos.
Een bediening, sonder suiker of melk.
RooibosTM
Kaffeïen
0
Potassium
7.23mg
Kalsium
5.45mg
Magnesium
4.55mg
Yster
0.20mg
Koper
0.01mg
Mangaan
0.18mg
Sink
0.02mg
Fluoried
0.04mg
Suur
pH 5.3
Tannien
Low
Dankie, vir hierdie bladsy
Die Skrywer van hierdie bladsy is 'n trotse lid van die
HTML Writers Guild.