Die Voortrekkers is die naam wat gegee word aan die sowat 14 000 mense wat in die jare tussen 1835 en die vroeë 1840 uit die destydse Kaapkolonie getrek het. Hulle wou hulle heil gaan soek in onafhanklikheid, weg onder die juk van Britse heerskappy.
Voordat die Britte oorgeneem het, het die Nederlanders die kolonisasie van Suid-Afrika begin. Jan van Riebeeck was die eerste Europeër wat 'n Halfweghuis vir skepe na Indië daar begin het. Hy en sy vrou en 'n paar ander Hollanders stap op 6 April 1652 aan wal.
Die beweging na die binneland, byne tweehonderd jaar later, staan bekend as die Groot Trek.
Verskeie name uit daardie jare is steeds deel van Suid-Afrika se geskiedenis: Andries Pretorius, Lang Hans van Rensburg, Piet Retief, die jong seun Dirkie Uys, en nog talle ander.
In die onherbergsame binneland het die Voortrekkers te kampe gehad met ruigtes wat byna ondeurdringbaar was, wilde diere soos leeus en luiperds, hoë berge en wilde riviere. Die inboorlinge wat hulle teengekom het, het nog nooit 'n wit gesig gesien het nie en het die Voortrekkers as indringers en duiwels beskou. Hulle het ook nie iets soos eienaarskap geken nie, want in die stam het alles aan almal behoort. Wanneer hulle van die Trekkers se beeste geneem het, is dit gesien as 'n bedreiging en bitter gevegte was die gevolg. Die gevegte is normaalweg genoem na die plek waar dit plaasgevind het, bv. die bekende Bloedrivier (16 Desember 1838), Vegkop en Bloukrans.
Wanneer iets met die beeste gebeur het, het dit die hele brose bestaan van die Trekkers bedreig. Die ossewa was hulle enigste vervoer, en dit het ook hulle enigste beskerming en warmte gebied. Toe hulle hulle geboorteland, die Kaapkolonie, verlaat het, kon hulle net enkele items saamneem om die lewe vir hulself te probeer vergemaklik. Ligte, eenvoudige meubels moes die swaarder stukke van die elegante Kaapse huise inneem. Kos is gemaak oor 'n oop vuur, en 'n miershoop is uitgehol om as bakoond vir brood te dien. Die Trekkers moes in die oop veld leef, met die ossewa as enigste beskerming in hulle voortdurende beweging noordwaarts. The Trekkers lived in the open veld with a wagon and a simple tent
Inligting van:
Voortrekkermuseum
If you want to read the English pages, click on home below.